
Raak Betrokke
Ons bou reeds die toekoms. Help ons om die volgende mylpaal te bereik.
Ons Momentum
Hoërskool Brits is 'n skool wat vorentoe beweeg. Ons is trots op ons onlangse vordering en die tasbare verbeterings wat ons reeds vir ons leerders kon skep.

Digitale Transformasie
Ons het 'n nuwe webwerf, top netwerk-infrastruktuur en rekenaar-laboratoriums.

Sport Opgraderings
Tennisbaan opgraderings met pickle- en paddle-baan byvoegings.

Akademiese Vooruitgang
Hoërskool Brits bied robotika aan as vak wat die nuwe generasie vroeg al blootstel aan die nuwe tegnologie.

Fasiliteit Opgraderings
Hoërskool Brits se kleedkamers op die sportterrein is wêreld-klas.
Ons Volgende Doelwit
Hoërskool Brits wil die vooruitstrewende gehalte handhaaf waaraan ons gewoond is. Kontak gerus die Kruin-Legendes oor hoe om betrokke te raak en te help hoe om die volgende doelwit van 'n droom na 'n realiteit te omskep.

